MyPodcast logo
member username: password:

Post a comment

Ep14 :: GeselsSaam :: Erwin, Facebook, Luister & Leer

Hierdie GeselsSaam episode is dalk bietjie meer youthy en informeel as van ons vorige talkshows. Mynhardt en Maxie (ons intro girl!) gesels oor Erwin McManus en die Urban Poets se besoek komende naweek (www.africanmosaic.org), oor nuwe boeke en dinge, asook wat om te doen om te keer dat jy nie jouself zombifiseer tydens preke en teachings nie.

Tydsduur: [44:01.000]

1 Comments:

Tom Lessing said...

Dis op rekord dat Erwin MacManus gesê het:

“My goal is to destroy Christianity as a world religion and be a recatalyst for the movement of Jesus Christ,” “Some people are upset with me because it sounds like I’m anti-Christian. I think they might be right.”



Volgens berigte was McManus een van die hoofsprekers by die "Rethink Conference" wat by Robert Schuller se Crystal Cathedral aangebied is (17 - 19 Januarie 2008). Die hooftema van die konferensie was "Contemplative Spirituality" wat deesdae deur baie "evangeliese" geestelike leiers gebruik word om 'n globale spiritualiteit tot stand te bring. Trouens dis op rekord dat beide Schuller (Rick Warren se mentor) en Rick Warren self gretig is om saam met die Moslems te werk om n globale vrede te bewerkstellig. Terloops Kay Warren, Rick se vrou, was ook een van die sprekers op die konferensie.



Schuller het by geleentheid gesê: "I met once more with the Grand Mufti (a Muslim), truly one of the great Christ-honoring leaders of faith. ... I'm dreaming a bold impossible dream: that positive-thinking believers in God will rise above the illusions that our sectarian religions have imposed on the world, and that leaders of the major faiths will rise above doctrinal idiosyncrasies, choosing not to focus on disagreements, but rather to transcend divisive dogmas to work together to bring peace and prosperity and hope to the world."



Dit is duidelik dat Schuller en ook Rick Warren nie juis enige respek het vir Jesus Christus se leerstellings nie, terwyl Christus baie ernstig waarsku dat enigiemand wat nie in sy leer bly nie, nie vir God die Vader of die Seun het nie (2 Johannes vers 9. M.a.w. enigiemand wat die leerstellings van Christus verwerp om hulle eie agendas te bevorder (o.a. wêreldvrede) is nie gered nie. Hoe kan hulle gered wees as hulle Christus se leerstelling prysgee" . . . to transcend divisive dogmas to work together to bring peace and prosperity and hope to the world?"



Erwin McManus werk saam met Robert Schuller, Rick Warren en baie ander Emerging Church fasiliteerders om die Christendom (insluitende die leerstellings van Christus) te herformuleer. Vandaar die tema van hulle konferensie "Rethink Conference."



Stem julle saam met hulle doelstellings?



My e-pos adres is lessing01@telkomsa.net as julle sou belangstel om my te antwoord.

12:51 PM

Leave your comment

Choose an identity